Monday, August 29, 2011

Griet Lombaard’s quilts

Jolene, one of the founder members of our guild, told me about Griet Lombaard’s quilts shown in New Zealand at the Remarkable Symposium held in Queenstown.  To take a look at her quilts, click HERE then
go down until you see a video and click on either the MP4 or WMV version.  You might only have one of these programs installed on your computer, so if the one doesn’t work, try the other. 

I used WMV as most of us use Windows as our operating system and have this on our computers.  A new screen will open with the video.  Griet’s quilts will appear when the video reaches 06:41 minutes and again on 09:04 minutes.

For those of you who do not know who Griet is, she too is a founder member of our guild and I asked Griet to tell us about herself in an e-mail.  The mail is in Afrikaans and I am not going to translate this as I feel it will take away from the essence of the person, Griet.  She has a unique writing style and I enjoyed reading it as is.  Loved meeting her this way and thought we could become good friends until I read the very last sentence!!  Sorry Griet, I do NOT agree!!

Griet's mail:
Ek was een van die stigterslede van die Oranje Kwilters en onthou goed die opgewondenheid wat ons ervaar het met die stigting van die gilde
Hoe entoesiasties was ons,  nog onervare maar ons het kans gesien om die kwiltwêreld op sy kop te draai
Ons het so baie gehad om te leer en was alles lekker
Die eerste groepie waaraan ek behoort het, was die Rosebuddies en mettertyd het ons ‘n ander groepie begin, die Aunt Beckeys.
Die Anties was vir baie, baie jare saam en was ‘n hegte vriendskapgroep.
Vriendinne vir altyd!!!!!!
Met verloop van tyd was ek ‘n paar keer, ek kan werklik nie onthou hoeveel keer, voorsitster van die OKG. Iets wat ‘n besondere voorreg was.
Verder het ek ook die Oranje Kwilters verteenwoordig op Nasionale Bestuur, dit was werklik interessante dae waar mens so betrokke kon wees met nasionale kwiltbelange.
Met aftree besluit ons om na Jeffreys Baai te verhuis.
Hier mis ek my kwiltmaats geweldig. Ek sluit vir ‘n jaar of wat aan by die Diaz Quilters in Port Elizabeth maar dis net nie meer dieselfde nie.
Drie van ons begin ‘n groep die Designing Women en dis weer ‘n fees. Terloops  by die afgelope Festival wen die twee in SA beide ‘n eerste prys en ek wen aan hierdie kant……dus is dit die jaar van Designing women!!!!!!

Na 5 baie gelukkige jare op JBaai besluit ons om agter die kleinkinders aan te trek na Nieu Seeland
Ons dogter is getroud met ‘n Kiwi en dis vir ons belangrik  om die kleinkinders te sien groot word
Omdat ons al baie kere in NZ kom kuier het, lyk dit na ‘n goeie plan
Maar emigreer is beslis net vir die vreesloses
Ek sal julle werklik nie verveel met al die aanpassingsprobleme nie
Na drie en half jaar hier (ja, mens tel nog die maande, gelukkig nie meer die weke nie) begin ek aanpas.
Die verskriklike verlang na alles wat bekend is, na die Afrika son, veld en lewe knaag nie meer so baie nie
Ek kan al selfs “kiwi-speak”, dis nou om egte Nieu Seelandse uitdrukkings te gebruik

Ons woon op Waitarere Beach, ‘n klein kusdorpie wat net oor die somer effens, effens lewe kry
Ons naaste dorpie is Levin wat gemeet aan NZ standaarde maar ‘n ‘bleek’ dorpie is
Hier is 3 supermarkte, ‘n fliek, ‘n biblioteek en werklik  TWEE kwiltwinkels

Kwiltwinkels hier lyk maar nes soos dié  in Suid Afrika
Amerikaanse lap, kwilts, en klasse

Ek sluit aan by die plaaslike  Town & Country Club, dis nou die kwilters
Ons vergader een maal per maand in die aand want hier werk meeste vroue nog in ‘n beroep
Die verloop van die vergadering is ook dieselfde patroon met gasspreker en “show & tell”
Op pad na my eerste vergadering merk ek op dat “supper’ op die agenda is, ek verstom my aan daaraan  ek ‘n bord kos gaan kry, net om uit te vind dat “supper’ ‘n koppie tee en winkelkoekie beteken. “Tea” is weer aandete .Ook maar baie om te leer
Vir ‘n paar jaar behoort ek hier ook aan ‘n huisgroepie maar voel my nie werklik tuis by hulle en is op die oomblik met ‘lang verlof”
In daardie eerste jaar verskyn daar ‘n artikel oor my en my werk in die New Zealand Quilter. Hierdie is ‘n uitstekende tydskrif wat gelykstaande is aan enige Amerikaanse/Britse publikasie. Hierna word ek dikwels gevra as gaspreker by kwilt en borduur gildes en so leer ek meer mense ken
Ek gee ook klas by die afgelope twee Symposia( festivals)
Ek neem aan verskillende uitstallings deel en dikwels kom foto’s van my werk in tydskrifte.
Meer en meer kry my werk ‘n borduur inslag en sluit ek dus aan by die Borduur Gilde. Dis die beste ding wat ek hier in NZ kon doen. Hulle is ‘n baie goed georganiseerde en sterk gilde. Daar word gereeld uitstallings gehou, hulle publiseer hul eie tydskrif en daar is ‘n nasionale groep, Extensions, wat hul toespits op modern tegnieke. Ons het ‘n plaaslike groep wat een maal ‘n maand vergader waar ek so baie leer wat ek weer op my kwiltwerk kan toepas.

Ek is so opgewonde dat die OKG die volgende Festival gaan hou.
Wat ‘n groot sprong in geskiedenis van die gilde!!!!
Ek wens julle alle sukses en hou julle dop op die internet
Sterkte

Kiwi groete
Griet
O ja, die all Blacks gaan wen hoor!!!!!!!!!!!!!!!  (I still don't think so!!!)



No comments:

Post a Comment

Fun short courses

A few of the OQG's members attended two short courses presented by Ina Meyer.    Fabric flowers Create depth with inktense pencils. Prou...