Monday, August 20, 2012

Kamers vol Geskenke in Bloemfontein

I received several e-mails from quilters regarding this event and I have copied and pasted the e-mail just as I received it which unfortunately for our international readers is in Afrikaans..... but then again, a local event so I doubt if you would be able to make it :-)

Ons kla altyd al die nice goed gebeur in die Kaap en Gauteng... MAAR nou kom Kamersvol geskenke BLOEMFONTEIN toe! As jy nie weet van Kamers nie, gaan kyk gerus op hulle website - hulle vier hierdie jaar 10 jaar in die Kaap, is nou 2 jaar in Pretoria en kom binnekort met al hulle Kaapse mooigoed Bloemfontein toe! Party Vrystaters ken hulle al van die Kaap en Pretoria af en nou is hulle op ons voorstoep!

Versprei asseblief die nuus so wyd en ver as moontlik, maak almal bymekaar en gaan beleef die fees van kreatiwiteit en vreugde! En dit is nie net vir die dames nie... daar is iets vir almal in die gesin - ook wyn, lekker koffie en heerlike eetgoed vir die manne en speelgoed vir die kinders...

Date:  5 - 8 September
Place:  Woodlands Conference Centre
Bookings:  Computicket
Visit:  www.kamersvol.com

’n Keuse van die heel beste, oorspronklike ontwerpe en produkte – onder meer juweliers­ware, kosprodukte, keramiek, dekor, tuinbenodighede en ontwerpersklere – sal daagliks beskikaar wees vanaf 8:30 tot 17:00. Op die Vrydag word die plesier van KAMERS by elke geleentheid verleng na 20:00. 

Die KAMERS-span is bekend vir hulle werwing van die innoverendste produkte en talent in die land en hul vars uitkyk vir nuwe idees. KAMERS het oor die afgelope jare gegroei tot ’n belangrike platform vir unieke produkte wat nie maklik elders te vind is nie. Tydloosheid, uniekheid, uitnemendheid en plaaslike vervaardiging is alles konsepte wat sinoniem is met die produkte wat by KAMERS te vind is.

No comments:

Post a Comment

Fun short courses

A few of the OQG's members attended two short courses presented by Ina Meyer.    Fabric flowers Create depth with inktense pencils. Prou...